Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Oudgrieks
Oudgrieks [boodskap #150228] Wo., 12 November 2025 17:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24062
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oudgrieks
Afbreking: Oud•grieks
Samestelling: oud + Grieks
Uitspraak: /ˈəʊ̯tˌχriks/


Byvoeglike naamwoord: Oudgrieks
Attributief: Oudgriekse

Betekenis:
• Met betrekking tot die Ou Grieke of die Oudgriekse dialekte.

Gebruik:
• Die term "simposium", afgelei van die Oudgriekse woord symposion (συμπόσιον), verwys na 'n byeenkoms van mans wat saam eet, drink en belangrike sake bespreek.

Vertaling:
Engels: Ancient Greek
Nederlands: Oudgrieks


Selfstandige naamwoord: Oudgrieks
Meervoud:

Betekenis:
• Die versameling Griekse dialekte wat in antieke Griekeland, van ongeveer die 9de eeu v.C. tot die 6de eeu n.C., gepraat en geskryf is.

Gebruik:
• Baie moderne tale het woorde uit Oudgrieks oorgeneem.

Sinoniem:
• Antieke Grieks
• Klassieke Grieks
• Ou Grieks

Vertaling:
Engels: Ancient Greek
Nederlands: Oudgrieks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volksrepubliek
Volgende onderwerp: hits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 12:02:39 UTC 2025