Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » keep
keep [boodskap #150226] Wo., 12 November 2025 16:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24061
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
keep
Afbreking: keep


Selfstandige naamwoord: keep
Meervoud: kepe
Verkleinwoord: kepie
Meervoud van verkleining: kepies

Betekenis:
• 'n Inkeping of insnyding met 'n betreklike wye opening.

Gebruik:
• Die timmerman kerf kepe in die hout sodat die stukke perfek in mekaar pas.

Sinoniem:
• gleuf
• groef
• inkeping
• insnyding
• kerf
• sloot
• voor

Hiponiem:
• dwarskeep
• grendelkeep
• kanteelkeep
• sluitkeep
• v-keep
• valkeep

Afgelei:
• keepbeitel
• keeplas
• keepmasjien
• keepsnyer

Vertaling:
Engels: groove, notch, slot
Nederlands: keep


Werkwoord: keep
Verlede tyd: het gekeep
Teenwoordige deelwoord: keepend, keepende
Verlede deelwoord: gekeepte

Betekenis:
• Om 'n relatiewe breë merk of insnyding te maak.

Gebruik:
• Sy het die tafel gekeep toe sy per ongeluk daarteen gestamp het.

Hiponiem:
• inkeep
• uitkeep

Vertaling:
Engels: to notch, nick, indent
Nederlands: keepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: halfedelsteen
Volgende onderwerp: volksrepubliek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 11:15:56 UTC 2025