| silindries [boodskap #150222] |
Wo., 12 November 2025 13:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24062 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
silindries
Afbreking: si•lin•dries
Samestelling: silinder + -ies
Byvoeglike naamwoord: silindries
Attributief: silindriese
Betekenis:
• Met die vorm of eienskappe van 'n silinder.
Gebruik:
• 'n Paling se lyf is lank en silindries.
• Die tromboon bestaan uit 'n silindriese buis, 'n mondstuk en 'n klankbeker.
Sinoniem:
• buisvormig
• pypvormig
• silindervormig
Hiponiem:
• halfsilindries
Vertaling:
Engels: cylindrical
Nederlands: cilindrisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|