Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Meksikaans
Meksikaans [boodskap #150189] So., 09 November 2025 10:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meksikaans
Afbreking: Mek•si•kaans
Samestelling: Meksiko + -aans


Byvoeglike naamwoord: Meksikaans
Attributief: Meksikaanse

Betekenis:
• Betreffende die land Meksiko, asook sy mense en tradisies.

Gebruik:
• Vanaand eet ons Meksikaans.
• Die Meksikaanse president sal die beraad bywoon.

Verwant:
• Meksikaan
• Meksiko

Vertaling:
Engels: Mexican
Nederlands: Mexicaans


Selfstandige naamwoord: Meksikaans
Meervoud:

Betekenis:
• Vir oningeligtes, die weergawe van Spaans wat in Meksiko gepraat word.

Gebruik:
• Jammer, maar ek kan nie Meksikaans praat nie.

Vertaling:
Engels: Mexican
Nederlands: Mexicaans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Mandaryns
Volgende onderwerp: Meksikaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 14:16:59 UTC 2025