| vasnael [boodskap #150180] |
Sa., 08 November 2025 10:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24100 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasnael
Afbreking: vas•nael
Samestelling: vas + nael
Werkwoord: nael vas, vasnael
Verlede tyd: het vasgenael
Verlede deelwoord: vasgenaelde
Betekenis:
• Om met spykers vas te kap.
Gebruik:
• In 1517 nael Maarten Luther sy 95 stellings teen die kerk se deur vas.
• Die soldate het Jesus se hande en voete aan die kruis vasgenael.
Sinoniem:
• vashamer
• vasheg
• vaskap
• vaspen
• vasslaan
• vasspyker
Vertaling:
Engels: to spike
Nederlands: vastnagelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|