| wapenrusting [boodskap #150176] |
Sa., 08 November 2025 08:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wapenrusting
Afbreking: wa•pen•rus•ting
Samestelling: wapen + uitrusting
Selfstandige naamwoord: wapenrusting
Meervoud: wapenrustinge, wapenrustings
Betekenis:
• Die uitrusting (beskermende klere) van 'n soldaat.
• (figuurlik) Dat wat nodig is om 'n mens teen gevare te beskerm.
Gebruik:
• Die soldate het hulle wapenrustings aangetrek.
• Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. [Efesiërs 6:11]
Sinoniem:
• bepantsering
• harnas
Vertaling:
Engels: armour
Nederlands: wapenrusting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|