| padgebruiker [boodskap #150164] |
Vr., 07 November 2025 07:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24326 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
padgebruiker
Afbreking: pad•ge•brui•ker
Samestelling: pad + gebruiker
Selfstandige naamwoord: padgebruiker
Meervoud: padgebruikers
Betekenis:
• 'n Persoon wat van 'n pad of straat gebruik maak, ongeag of dit per motor, fiets of te voet is.
Gebruik:
• Alle padgebruikers moet die verkeersreëls nakom om die vloei van verkeer te bevorder en vertraging of botsings te voorkom.
Sinoniem:
• verkeersdeelnemer
Hiponiem:
• fietsryer
• motorbestuurder
• motorfietsryer
• voetganger
Vertaling:
Engels: road user
Nederlands: weggebruiker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|