| edelman [boodskap #150146] |
Wo., 05 November 2025 18:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
edelman
Afbreking: e•del•man
Samestelling: edel + man
Selfstandige naamwoord: edelman
Meervoud: edelmanne, edelliede, edellui
Betekenis:
• 'n Man wat tot die adelstand behoort.
Gebruik:
• Bloubaard was 'n Franse edelman wat, volgens oorlewering, verskeie kere getrou het en elke keer sy vrou vermoor het.
Spreekwoord:
• Dis by hulle edelman of bedelman. [Hulle leef nou spandabelrig en dan weer armoedig.]
Sinoniem:
• adellike
• aristokraat
Antoniem:
• edelvrou
Hiponiem:
• baron
• graaf
• hertog
• jonkheer
• koning
• keiser
• lord
• prins
• ridder
• sir
Vertaling:
Engels: nobleman, aristocrat
Nederlands: edelman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|