| verwilder [boodskap #150132] |
Di., 04 November 2025 18:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24065 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwilder
Afbreking: ver•wil•der
Samestelling: ver- + wilder
Werkwoord: verwilder
Verlede tyd: het verwilder
Teenwoordige deelwoord: verwilderend, verwilderende
Verlede deelwoord: verwilderd, verwilderde
Betekenis:
• Om weg te jaag.
• Om wild en woes te word of te maak.
Gebruik:
• Hy het die rondloperbrak verwilder.
• Die blomplant het mettertyd verwilder en as 'n indringerplant oor die land versprei.
Sinoniem:
• ontstel
• uiteenjaag
• verdryf
• verjaag
• wegdryf
• wegjaag
Afgelei:
• verwildering
Vertaling:
Engels: to scare away, frighten; to become wild
Nederlands: verwilderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|