Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontnugter
ontnugter [boodskap #150128] Di., 04 November 2025 12:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24062
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontnugter
Afbreking: ont•nug•ter
Samestelling: ontnugter


Werkwoord: ontnugter
Verlede tyd: het ontnugter
Teenwoordige deelwoord: ontnugterend, ontnugterende
Verlede deelwoord: ontnugterde

Betekenis:
• Om iemand tot die werklikheid terug te ruk; uit 'n illusie skok.

Gebruik:
• Jammer om jou te ontnugter, maar jy gaan waarskynlik nie eendag 'n sanger word nie.

Sinoniem:
• disillusioneer
• skok
• ontgogel
• teleurstel
• verbaas
• verbyster

Afgelei:
• ontnugtering

Vertaling:
Engels: to make sober, disillusion
Nederlands: ontnuchteren


Byvoeglike naamwoord: ontnugter
Attributief: ontnugterde

Betekenis:
• Wat van 'n waan ontneem is.

Gebruik:
• Sy was ontnugter toe sy besef die liefde is nie altyd so rooskleurig nie.
• Die ontnugterde span het besef dat hulle nie die jaar die kampioenskap sou wen nie.

Vertaling:
Engels: sobering
Nederlands: ontnuchterd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorkennis
Volgende onderwerp: jagtog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 11:52:43 UTC 2025