Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jennifer.
Jennifer. [boodskap #15011 is 'n antwoord op boodskap #15016] Do, 21 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jennifer L. Logan" wrote:
>
> Liewe Sizwe, kyk gerus 'n bietjie na jou literêre wonderwerke hieronder.
>
> Ek wil darem net sê dat jyself besig is om kak droog te maak, ou maatie.
>
> As kakpraat grassprietjies was, was jy lank al donkiedrolle.
>
> Jennifer
> -------------------------------
>
> .
> ....Jy's befok in jou kop. En jy wil vir my kom preek oor wat
> gepas is
> al dan nie. Voetsek, jou naai. En NOU kan jy praat van ongepas.
>
> Om hierdie skandalige apartheidsapologeet te felisiteer
> as synde die "waarheid" te publiseer se meer oor jou miopiese oogklappe
> Jennifer.
>
> Jennifer,
Jy was baie kwaad vir my toe ek vir jou gesê het ek is verbaas
dat iemand wat sulke kru taal die Christendom kan aanhaal. Jou
e-pos aan my oor die onderwerp was onnodig dreigend.Kyk
nou net hoe praat jy hier. Dalk kan jou gedagtes beter
uitgedruk word sonder om soos n hond op die sypaatjie
tekere te gaan nie. Enige e-pos van jou sal ek uitvee sonder
om dit te lees, so spaar asseblief jou asem vir beter dinge.

Billy.
Re: Jennifer. [boodskap #15012 is 'n antwoord op boodskap #15011] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KM writes: >

Ons groep in Holland met baie volgelinge het Jennifer die
prys van die mees
> emosionele
> mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud van die boervolk.
> Jammer ander mense verstaan nie.

Wel, wel, wel. Dis snaaks dat mense uit Nederland
nou praat oor die goeie eienskappe van Jennifer.
Ek het in die afgelope paar weke tot die besluit
gekom dat Jennifer nie van SA Engelse oorsprong
is, soos haar naam wil aandui nie. Dat sy ook nie
van Afrikaanse oorsprong is (ten minste met voor-
sate wat 'n paar generasies teruggaan nie.) Maar
dat haar wortels in Nederland is. Hoekom dink ek
so?
(1) As sy aan die naam van 'n beroemde man-skrywer
moet dink, noem sy Joost van den Vondel. Enige
Afrikaner sou hom Vondel noem, Engelse SAers
sal heelwaarskynlik nie van hom weet nie.
(2) Sy maak in haar Afrikaans nie die soort foute
wat Engelse SAers maak nie, maar Nederlands
skif hier en daar deur.
(3) Sy gebruik on-Afrikaanse uitdrukkings soos
"tante Kwaak" wat vir my oor Nederlands klink.
(4) Sy klink asof sy Nederland taamlik intiem
ken. Sy gebruik aanmekaar sterk Afrikaans
op 'n manier wat meeste vroue in Suid-Afrika,
hetsy Afrikaans of Engelssprekend, nie doen
nie. Ek het hierdie soort van praat (baie
vloek, baie onsuiwere taal) al opgemerk by
baie mense wat uit Europa na SA immigreer.
Dis asof hulle nie die kultuur goed kan begryp
nie, en onsuiwere taal besig wat geen
Afrikaanse dame ooit sou besig nie.

En sy is anti-swart en vreeslik voor op die wa pro-"Boer."
En dis nog iets wat ek in my dae in Suid-Afrika opgemerk
het: dat Nederlanders wat na SA emigreer, baie ekstreem
regs word. Dis asof hulle nie die Afrikaner se kultuur
verstaan nie, en nie die ingebore beleefdheid het wat
meeste Afrikaners tog het teenoor hulle nie-blanke land-
genote nie. Ek wonder hoekom Nederlanders wat uitgeweke
is na SA so aangaan? Ek vind dit nie by immigrante van
ander Europese lande nie.

Gloudina
Re: Jennifer. [boodskap #15013 is 'n antwoord op boodskap #15011] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Sy gebruik aanmekaar sterk Afrikaans
> op 'n manier wat meeste vroue in Suid-Afrika,
> hetsy Afrikaans of Engelssprekend, nie doen
> nie. Ek het hierdie soort van praat (baie
> vloek, baie onsuiwere taal) al opgemerk by
> baie mense wat uit Europa na SA immigreer.
> Dis asof hulle nie die kultuur goed kan begryp
> nie, en onsuiwere taal besig wat geen
> Afrikaanse dame ooit sou besig nie.

> Dis asof hulle nie die Afrikaner se kultuur
> verstaan nie, en nie die ingebore beleefdheid het wat
> meeste Afrikaners tog het teenoor hulle nie-blanke land-
> genote nie.

Gloudina,

Doen ons 'n guns, en maak 'n soortgelyke ontleding van Sizwe se taalgebruik,
veral teenoor vrouens, en vertel ons ook meer van sy agtergrond. As jy
mans(vrou)genoeg is, het jy mos die geleentheid om te bewys dat jy nie
selektiewe moraliteit toepas nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Jennifer. [boodskap #15014 is 'n antwoord op boodskap #15011] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Jennifer L. Logan" wrote:
>>
>> Liewe Sizwe, kyk gerus 'n bietjie na jou literêre wonderwerke hieronder.
>> Jennifer

>> -------------------------------
>> ....Jy's befok in jou kop. En jy wil vir my kom preek oor wat
>> gepas is
>> al dan nie. Voetsek, jou naai. En NOU kan jy praat van ongepas.
Sizwe

Ons groep in Holland het Jennifer die prys van die mees
emosionele
mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud van die boervolk.
Hier het ons besluit om alle berigte van Sizwe te blokkeer en n klag in te
dien by die VVO inzake
beperking van die regte van die mens.
Die saak sal dien onder nr. 98-28967/af/wrld-87456.21

KM


Mooi. Wat kan daarmee gebeur?
Groete
Kobus
Re: Jennifer. [boodskap #15016 is 'n antwoord op boodskap #15011] Do, 21 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KM  is tans af-lyn  KM
Boodskappe: 34
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ons groep in Holland met baie volgelinge het Jennifer die prys van die mees
emosionele
mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud van die boervolk.
Jammer ander mense verstaan nie.
Hier het ons besluit om alle berigte van Sizwe te blokkeer en n klag in te
dien by die VVO inzake
beperking van die regte van die mens.
Die saak sal dien onder nr. 98-28967/af/wrld-87456.21

bi...@mgenerations.net wrote:

> In article ,
> "Jennifer L. Logan" wrote:
>>
>> Liewe Sizwe, kyk gerus 'n bietjie na jou literêre wonderwerke hieronder.
>>
>> Ek wil darem net sê dat jyself besig is om kak droog te maak, ou maatie.
>>
>> As kakpraat grassprietjies was, was jy lank al donkiedrolle.
>>
>> Jennifer
>> -------------------------------
>>
>> .
>> ....Jy's befok in jou kop. En jy wil vir my kom preek oor wat
>> gepas is
>> al dan nie. Voetsek, jou naai. En NOU kan jy praat van ongepas.
>>
>> Om hierdie skandalige apartheidsapologeet te felisiteer
>> as synde die "waarheid" te publiseer se meer oor jou miopiese oogklappe
>> Jennifer.
>>
>> Jennifer,
> Jy was baie kwaad vir my toe ek vir jou gesê het ek is verbaas
> dat iemand wat sulke kru taal die Christendom kan aanhaal. Jou
> e-pos aan my oor die onderwerp was onnodig dreigend.Kyk
> nou net hoe praat jy hier. Dalk kan jou gedagtes beter
> uitgedruk word sonder om soos n hond op die sypaatjie
> tekere te gaan nie. Enige e-pos van jou sal ek uitvee sonder
> om dit te lees, so spaar asseblief jou asem vir beter dinge.
>
> Billy.
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Jennifer. [boodskap #15071 is 'n antwoord op boodskap #15016] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Ons groep in Holland het Jennifer die prys van die mees
> emosionele
> mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud van die boervolk.
> Hier het ons besluit om alle berigte van Sizwe te blokkeer en n klag in =
> te
> dien by die VVO inzake
> beperking van die regte van die mens.
> Die saak sal dien onder nr. 98-28967/af/wrld-87456.21

Heita !! Die magattas het geland (en vir die wat nie weet nie - seker die
oorweldigende meerderheid hier - magatta, net soos maboere, is swart slang
virrie dienders). Nou se tog ("groep van holland"), watter VVO praat julle van
en wat is die aard van julle klag? Ek neem aan dat julle my somtydse
taalgebruik as vertrekpunt vir hierdie klag gebruik. Indien wel, is dit waar
dat julle ook klagte ingedien het teen Etienne Leroux en Andre P. Brink? Ek
sien ook uit na julle klagte teen elkeen wat kak, moer, drol, stront, voetsek,
en wat nie nog meer op hierdie groep gebesig het nie. Ek hoor ook dat julle
klagte indien teen elkeen op straat wat die ander humeurig uitvloek.

Nee wat, insoverre julle iemand omarm wat se dat swartes ander in stukkies
opsny, nie vir hulself kan dink nie en dom apies is, openbaar julle jul ware
kleure. 'n Jonge Hitler wat hier sou skryf sou na julle agenda bloot "'n prys
wen vir die mees emosionele mens". Dis duidelik vir my dat julle taalgebruik
as kapstok gebruik om my stilswye te bewerkstellig, merendeels omdat die
argument, veel eerder as die taalgebruik, julle nie aanstaan nie.
Inderwaarheid 'n Kuber-weergawe van die "gly op die koekie seep". Julle sit
wel voor rekenaars, maar dra dieselfde blou uniforms van daardie geweldenaars
wat Steve Biko doodgeslaan het. Oranje, Blanje, Blou - hoe gepas.

Sizwe Banzi
Re: Jennifer. [boodskap #15107 is 'n antwoord op boodskap #15016] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> En dis nog iets wat ek in my dae in Suid-Afrika opgemerk
> het: dat Nederlanders wat na SA emigreer, baie ekstreem
> regs word. Dis asof hulle nie die Afrikaner se kultuur
> verstaan nie, en nie die ingebore beleefdheid het wat
> meeste Afrikaners tog het teenoor hulle nie-blanke land-
> genote nie.

Maar "meeste Afrikaners" is dan, volgens jou, "apartheidsvarke"!

> Ek wonder hoekom Nederlanders wat uitgeweke
> is na SA so aangaan? Ek vind dit nie by immigrante van
> ander Europese lande nie.

Dan ken jy nie baie immigrante uit ander Europese lande nie.
Re: Jennifer. [boodskap #15108 is 'n antwoord op boodskap #15016] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek het in die afgelope paar weke tot die besluit
> gekom dat Jennifer nie van SA Engelse oorsprong
> is, soos haar naam wil aandui nie. Dat sy ook nie
> van Afrikaanse oorsprong is (ten minste met voor-
> sate wat 'n paar generasies teruggaan nie.) Maar
> dat haar wortels in Nederland is. Hoekom dink ek
> so?

[...]

> (4) Sy klink asof sy Nederland taamlik intiem
> ken. Sy gebruik aanmekaar sterk Afrikaans
> op 'n manier wat meeste vroue in Suid-Afrika,
> hetsy Afrikaans of Engelssprekend, nie doen
> nie. Ek het hierdie soort van praat (baie
> vloek, baie onsuiwere taal) al opgemerk by
> baie mense wat uit Europa na SA immigreer.
> Dis asof hulle nie die kultuur goed kan begryp
> nie, en onsuiwere taal besig wat geen
> Afrikaanse dame ooit sou besig nie.

Hmm..... Teen die einde van die vorige eeu wou baie boere nie glo dat my
grootoupa van Nederland kom nie - die beswaar was konsekwent: "maar jy vloek
en drink dan nie!"

Die meeste boere se ervaring van Nederlanders was die "ZASM's" - arbeiders
wat uitgekom het om die spoorlyn na Delagoabaai te lê - en waarvan die
meeste genadiglik weer terug is.
Re: Jennifer. [boodskap #15226 is 'n antwoord op boodskap #15016] Wo, 27 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jennifer L. Logan  is tans af-lyn  Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
>
>
> Ons groep in Holland met baie volgelinge het Jennifer die
> prys van die mees
>> emosionele
>> mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud
> van die boervolk.
>> Jammer ander mense verstaan nie.
>
> Wel, wel, wel. Dis snaaks dat mense uit Nederland
> nou praat oor die goeie eienskappe van Jennifer.
> Ek het in die afgelope paar weke tot die besluit
> gekom dat Jennifer nie van SA Engelse oorsprong
> is, soos haar naam wil aandui nie. Dat sy ook nie
> van Afrikaanse oorsprong is (ten minste met voor-
> sate wat 'n paar generasies teruggaan nie.) Maar
> dat haar wortels in Nederland is. Hoekom dink ek
> so?

My oorsprong het niks met die bostaande uit te waai nie.

> (1) As sy aan die naam van 'n beroemde man-skrywer
> moet dink, noem sy Joost van den Vondel. Enige
> Afrikaner sou hom Vondel noem, Engelse SAers
> sal heelwaarskynlik nie van hom weet nie.

Oh? So, nou is jy skielik die alwetende "ou tannie", iets waarvan jy my
onlangs nog beskuldig toe ek meen dat mans in die agemeen nie geduld het
vir gedigte skryf nie, onthou jy?? Ek het mos ook vir Shakespeare
genoem? Iemand wat eerstens deur Leendert ter tafel gevoer is en jy het
toen glad nie besef hy kwoteer hom en dink Shakespeare het die
middeleeuse medisyn gewoontes beskryf. Het jy al ooit van Robert Burns
gehoor?

> (2) Sy maak in haar Afrikaans nie die soort foute
> wat Engelse SAers maak nie, maar Nederlands
> skif hier en daar deur.

En? Is dat deesdaë nie meer toegestaan nie? Dit was mos die taal
waaraan Afrikaans vreeslik baie ontleen het of nie?

> (3) Sy gebruik on-Afrikaanse uitdrukkings soos
> "tante Kwaak" wat vir my oor Nederlands klink.

Leendert het dit baie meer gedoen as ek maar toe sê jy niks nie...
Kwaak-kwaak.

> (4) Sy klink asof sy Nederland taamlik intiem
> ken.

Ja, ek ken vir Nederland baie goed. Is dit dan ook al fout?

> Sy gebruik aanmekaar sterk Afrikaans
> op 'n manier wat meeste vroue in Suid-Afrika,
> hetsy Afrikaans of Engelssprekend, nie doen
> nie.

Jy is te lank al uit Suid Afrika uit om daardie oordeel te kan vel, ou
vrou. Ek dink jy is so oud jy dra regtig nog 'n kappie.

> Ek het hierdie soort van praat (baie
> vloek, baie onsuiwere taal) al opgemerk by
> baie mense wat uit Europa na SA immigreer.

Vloek?? Jy praat onsin. Sê my waar ek gevloek het.

> Dis asof hulle nie die kultuur goed kan begryp
> nie, en onsuiwere taal besig wat geen
> Afrikaanse dame ooit sou besig nie.

Die feit dat jy Afrikaans nogal goed beheers maak van jou nog glad nie
'n dame nie.

>
>
> En sy is anti-swart en vreeslik voor op die wa pro-"Boer."

Bog!! Waar kry jij sulke snert? Kan ek darem maar sê jy is "vreeslik
voor op die wa pro-ANC?"Ek het nog nooit 'n onAfrikaanse Afrikaner
raakgeloop soos jy nie. In die tyd van die tweede wêreldoorlog sou mense
jou gevang het voor duidelike "landsverraad". Magtig is jy vol van
jouself en die huidige grapjasse wat hulself die SA regering noem.
Terloops, wat is dan verkeerd om pro-boer te wees? Is dit nie die boere
wat jou van die kos in jou mond voorsien? Jislaaik tannie, jy is maar
lelik vir hulle!

> En dis nog iets wat ek in my dae in Suid-Afrika opgemerk
> het: dat Nederlanders wat na SA emigreer, baie ekstreem
> regs word.

Snaaks, ek het juis opgemerk dat party Afrikaners wat uitwyk ekstreem
links tot selfs kommunisties word...

> Dis asof hulle nie die Afrikaner se kultuur
> verstaan nie, en nie die ingebore beleefdheid het wat
> meeste Afrikaners tog het teenoor hulle nie-blanke land-
> genote nie.

Alweer snaaks, ou feeks. Ek dink juis dat die mense die Afrikaners wèl
verstaan maar dat vlugtende Afrikaners hul self nie eens kan verstaan
nie en dan vervolgens hul snert in die nuusgroepe los in die hoop dat
iemand hulle weer op die regte paaitjie sal sit. Ek is net jammer dat jy
al veels te diep afgesak het. Redding is voor jou te laat.

> Ek wonder hoekom Nederlanders wat uitgeweke
> is na SA so aangaan? Ek vind dit nie by immigrante van
> ander Europese lande nie.

Ag nee. Natuurlik nie. Dit was mos 'n Hollander wat Chris Hani plat
geskiet het, nè? Janek is 'n veel voorkomende naam in Nederland, of is
ek nou tog dronk? Dronkgeslaan deur jou blatante, banale en self
vererende onsin, Gloudina? Verwoerd was ook 'n vreeslik gewelddadig
persoon. So wild dat hy homself tot leier van Suid Afrika gekroon het.
Paul Kruger ook, natuurlik, Hy was mos so gewelddadig dat die Hollanders
hom uit die land uit gesit het. Kom, dink oom Paul. Dan word ek maar
die leier van die boere republieke... Johan Rissik was sy vriendjie.
Saam is hul toe op pad SA toe en die een stig Johannesburg en die ander
word sy baas....

Gloudina, WAKKER word asseblief. Hou asseblief tog op om hierdie groep
teën ander mense te vergiftig met jou leuëns.

Dit gesê, moet ek net jou aandag
daarop vestig dat "Sizwe" se plat taal
beperk was tot een vroumens wat aanhou-
dend sterk gekruide taal en persoonlike
aanmerkings teen 'n hele klomp mense
gemaak het.

'n hele klomp, nè? Gloudina, Gloudina, Sizwe, Gloudina, Gloudina...
Alle Wêreld, Al twee van hulle.
"Gekruide" taal... Ek loop nie voortdurend rond en vloek soos daai ANC
stooge Sizwe nie... En jy mag dalk nie vloek nie maar jou tong doen
baie meer skade as 'n gewone vloekwoord, hoor Gloudina.

(En wat ons nou uitvind ook
private eposte aan mense gestuur het om
hulle aan te val.)

Voetsek Gloudina. Ek het niemand persoonlik aangeval nie. Nou lieg jy
ALWEER!!!

Ek neem aan dat
Sizwe aan Jennifer wou wys dat as dit
nou kom by gekruide taal, hy met... [knip]

Yadda, yadda, yadda... jy praat net om te praat, ou mens. Gaan walkies
met jou hond en slaan vir hom.
Jy moet nou rêrig ophou om mense so te verneuk, verstaan jy? Dis almal
se nuusgroep, nie net joune nie! Wie het jou keiserin van hierdie NG
gemaak?
Hou jou by jou lees. Skryf gedigte en praat oor Afrikaans. Nie oor
Afrikaners nie. Daar het jy geen verstand oor nie.

Vriendelike groete,

Jennifer
Vorige onderwerp: Haiku vir Gloudina
Volgende onderwerp: Tydbestek (Was Herfs en Halloween)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 11:25:28 MGT 2024