Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoofbedekking
hoofbedekking [boodskap #150113] So., 02 November 2025 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoofbedekking
Afbreking: hoof•be•dek•king
Samestelling: hoof + bedekking


Selfstandige naamwoord: hoofbedekking
Meervoud: hoofbedekkinge, hoofbedekkings
Verkleinwoord: hoofbedekkinkie
Meervoud van verkleining: hoofbedekkinkies

Betekenis:
• 'n Hoed of ander kledingstuk wat (ter bedekking of versiering) op die kop/hoof gedra word.

Gebruik:
• Die tradisionele hoofbedekking van die Kaapse Maleiers word 'n kofia genoem.

Sinoniem:
• hoofdeksel
• hooftooisel
• kopbedekking

Hiponiem:
• bolkeil
• kopdoek
• laphoed
• mus
• nagmus
• pet
• pluiskeil
• slaapmus
• sonhoed
• strooihoed
• valhelm

Vertaling:
Engels: covering for the head, headgear
Nederlands: hoofdbedekking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boontjieplant
Volgende onderwerp: rugbyoefening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 14:13:45 UTC 2025