| standvastigheid [boodskap #150092] |
Sa., 01 November 2025 09:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
standvastigheid
Afbreking: stand•vas•tig•heid
Samestelling: standvastig + -heid
Selfstandige naamwoord: standvastigheid
Meervoud: standvastighede
Betekenis:
• Die toestand of mate van standvastig wees. Getrou aan eie beginsels.
Gebruik:
• Wees op julle hoede om nie deur die dwaling van beginsellose mense meegesleur te word, en so julle eie standvastigheid te verloor nie. [2 Petrus 3:17]
Sinoniem:
• beginselvastheid
• bestendigheid
• deursettingsvermoë
• koersvastheid
• konstantheid
• onbeweeglikheid
• onveranderlikheid
• onversetlikheid
• taaiheid
• vasberadenheid
• vastheid
• vastigheid
• volharding
Antoniem:
• onstandvastigheid
• wankelmoedigheid
Vertaling:
Engels: steadfastness, steadiness, resoluteness, constancy
Nederlands: standvastigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|