Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paring
paring [boodskap #150088] Vr., 31 Oktober 2025 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
paring
Afbreking: pa•ring
Samestelling: paar + -ing


Selfstandige naamwoord: paring
Meervoud: paringe, parings

Betekenis:
• Die geslagsdaad tussen diere.
• Die handeling om voorwerpe in pare bymekaar te bring.

Gebruik:
• By die swartwitpens vind paring in die somer plaas.
• Die rooiwyn is 'n uitstekende paring met die vleis.

Sinoniem:
• assosiasie
• gemeenskap
• koppeling
• kopulasie
• omgang
• seks

Hiponiem:
• afparing
• wanparing

Afgelei:
• paringsdaad
• paringsdans
• paringsorgaan
• paringsroep
• paringstyd
• paringsvlug

Vertaling:
Engels: intercourse, copulation; pairing, mating, coupling
Nederlands: paring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: burgerlike
Volgende onderwerp: geesgenoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jan. 11 06:30:42 UTC 2026