| liggaamsvloeistof [boodskap #150070] |
Do., 30 Oktober 2025 09:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
liggaamsvloeistof
Afbreking: lig•gaams•vloei•stof
Samestelling: liggaam + -s- + vloeistof
Selfstandige naamwoord: liggaamsvloeistof
Meervoud: liggaamsvloeistowwe
Betekenis:
• Een van die vloeistowwe wat in die liggaam aangetref, of uit die liggaam uitgeskei word.
Gebruik:
• Bloed, trane, sweet, speeksel, maagsuur en urine is liggaamsvloeistowwe.
Sinoniem:
• liggaamsvog
Vertaling:
Engels: bodily fluid
Nederlands: lichaamsvloeistof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|