| eksosfeer [boodskap #150054] |
Wo., 29 Oktober 2025 11:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24118 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eksosfeer
Afbreking: ek•sos•feer
Samestelling: ekso- + sfeer
Selfstandige naamwoord: eksosfeer
Meervoud: eksosfere
Betekenis:
• Die ruimte bokant die atmosfeer, bokant die termosfeer, omtrent 600 km en opwaarts.
Gebruik:
• Hoewel daar gasse in die eksosfeer voorkom, is die digtheid so laag dat molekules honderde kilometers kan beweeg sonder om met mekaar te bots.
Holoniem:
• atmosfeer
Afgelei:
• eksosferies
Vertaling:
Engels: exosphere
Nederlands: exosfeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|