| badkoets [boodskap #150020] |
So., 26 Oktober 2025 09:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Badkoets.
badkoets
Afbreking: bad•koets
Samestelling: bad + koets
Selfstandige naamwoord: badkoets
Meervoud: badkoetse
Betekenis:
• 'n Koets vir swemmers wat deur perde in die see ingetrek word.
Gebruik:
• Die swemmers, veral dames, het in die badkoets aangetrek terwyl hulle in die see ingery is, waarna hulle ongesiens in die water kon inklim.
Sinoniem:
• badkar
Vertaling:
Engels: bathing machine
Nederlands: badkoets
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|