| beenoud [boodskap #149994] |
Do., 23 Oktober 2025 18:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beenoud
Afbreking: been•oud
Samestelling: been + oud
Uitspraak: /ˈbɪə̯nœʊ̯t/
Byvoeglike naamwoord: beenou, beenoud
Attributief: beenoue
Betekenis:
• Intensiewe vorm van oud: So oud soos die bene van 'n geraamte; baie oud.
Gebruik:
• Die oom is al beenoud.
Wisselvorm:
• beenou
Spreekwoord:
• Van beenoud tot speenoud. [Van oud tot jonk.]
Sinoniem:
• horingoud
• hoogbejaard
• oeroud
• stokhoringoud
• stokoud
Antoniem:
• bloedjonk
• splinternuut
Vertaling:
Engels: bone old, very old, ancient
Nederlands: stokoud, oeroud
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|