| holrond [boodskap #149993] |
Do., 23 Oktober 2025 16:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
holrond
Afbreking: hol•rond
Samestelling: hol + rond
Byvoeglike naamwoord: holrond
Attributief: holronde
Betekenis:
• Wat soos die binnekant van 'n sirkel of sfeer ingeduik is.
Gebruik:
• 'n Bikonkawe lens is holrond aan albei kante.
Sinoniem:
• ingeduik
• konkaaf
Antoniem:
• bolrond
• konveks
Afgelei:
• bolrond-holrond
• holrond-bolrond
• holrondheid
Vertaling:
Engels: hollow and round, concave
Nederlands: holrond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|