| bespieder [boodskap #149987] |
Do., 23 Oktober 2025 14:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bespieder
Afbreking: be•spie•der
Samestelling: bespied + -er
Selfstandige naamwoord: bespieder
Meervoud: bespieders
Verkleinwoord: bespiedertjie
Meervoud van verkleining: bespiedertjies
Betekenis:
• Iemand wat bespied (ander ongemerk dophou).
Gebruik:
• Onbewus van die indringer en bespieder in hul midde, asook van die ondermyning en verraad, gaan hulle onverstoord voort met hul lewens.
Sinoniem:
• afloerder
• loerder
• observeerder
• spioen
• verkenner
• waarnemer
Vertaling:
Engels: spy, peeper
Nederlands: bespieder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|