Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » huigelary
huigelary [boodskap #149956] Ma., 20 Oktober 2025 18:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24062
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
huigelary
Afbreking: hui•ge•la•ry
Samestelling: huigel + -ary


Selfstandige naamwoord: huigelary
Meervoud: huigelarye

Betekenis:
• Die handeling van huigel: om skynheilig te wees; voorgee en nie opreg wees nie.

Gebruik:
• Politieke huigelary is aan die orde van die dag.
• Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. [1 Petrus 2:1]

Wisselvorm:
• huigelry

Sinoniem:
• bedrieglikheid
• bedrog
• dubbelspel
• geveinsdheid
• hipokrisie
• liegstories
• lippediens
• skynheiligheid
• valsheid
• veinsery

Vertaling:
Engels: hypocrisy, double‐dealing
Nederlands: huichelarij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veelvlak
Volgende onderwerp: gravitasiekolk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 11:52:01 UTC 2025