Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geldfabriek
geldfabriek [boodskap #149950] So., 19 Oktober 2025 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geldfabriek
Afbreking: geld•fa•briek
Samestelling: geld + fabriek


Selfstandige naamwoord: geldfabriek
Meervoud: geldfabrieke

Betekenis:
• 'n Fabriek wat geld vervaardig.
• (figuurlik) Iets wat baie geld maak.

Gebruik:
• Die Reserwebank ontwerp ons geldnote en laat dit by 'n geldfabriek druk.
• Haar YouTube-kanaal is 'n regte geldfabriek.

Sinoniem:
• goudmyn
• kontantkoei

Antoniem:
• geldput

Vertaling:
Engels: money factory; money-making machine, cash cow
Nederlands: geldfabriek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heldergeel
Volgende onderwerp: ankerplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 09 09:13:26 UTC 2026