| doodloop [boodskap #149938] |
So., 19 Oktober 2025 08:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24065 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodloop
Afbreking: dood•loop
Samestelling: dood + loop
Werkwoord: loop dood, doodloop
Verlede tyd: het doodgeloop
Teenwoordige deelwoord: doodlopend, doodlopende
Verlede deelwoord: doodgeloopte
Betekenis:
• Om te loop tot jy baie moeg is.
• Om tot 'n einde te kom.
Gebruik:
• Die vrouens loop hulleself byna dood tussen al die winkels.
• Die onderhandelinge het vinnig doodgeloop.
Sinoniem:
• eindig
• kulmineer
• termineer
Afgelei:
• doodloopbaan
• doodlooppad
• doodloopskag
• doodloopspoor
• doodloopstraat
Vertaling:
Engels: to walk to death; to come to a dead end
Nederlands: doodlopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|