Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suspensie
suspensie [boodskap #149910] Di., 14 Oktober 2025 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suspensie
Afbreking: sus•pen•sie


Selfstandige naamwoord: suspensie
Meervoud: suspensies

Betekenis:
• 'n Heterogene mengsel van 'n vloeistof met soliede deeltjies wat daarin versprei is, wat nie oplos nie en mettertyd uitsak.
• 'n Opskorting, skorsing of tydelike opheffing.
• Die vering van 'n voertuig.

Gebruik:
• Anders as 'n kolloïede, sal 'n suspensie uiteindelik uitsak.
• Die hof het bevind dat die werker se suspensie onwettig was.
• Die motor se suspensie is te sag vir 4x4-roetes.

Hiponiem:
• gomsuspensie
• kalksuspensie
• metaalsuspensie
• pigmentsuspensie

Verwant:
• suspendeer

Vertaling:
Engels: suspension
Nederlands: suspensie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tydlyn
Volgende onderwerp: kalmte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 10 01:03:06 UTC 2026