| verbeeld [boodskap #149892] |
So., 12 Oktober 2025 08:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbeeld
Afbreking: ver•beeld
Samestelling: ver- + beeld
Werkwoord: verbeeld
Verlede tyd: het verbeeld
Betekenis:
• Om iets in beeld (of met beelde) voor te stel.
Gebruik:
• Die boek verbeeld die hoofkarakter as 'n dapper held.
• Die kunstenaar het die landskap mooi in sy skildery verbeeld.
Sinoniem:
• beliggaam
• uitbeeld
• uitskilder
• verewig
• vergestalt
• visualiseer
• voorstel
• weergee
Afgelei:
• verbeelding
• verbeelderig
Vertaling:
Engels: to depict, represent, delineate
Nederlands: verbeelden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|