| ligsinnigheid [boodskap #149848] |
Do., 09 Oktober 2025 14:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ligsinnigheid
Afbreking: lig•sin•nig•heid
Samestelling: ligsinnig + -heid
Selfstandige naamwoord: ligsinnigheid
Meervoud: ligsinnighede
Betekenis:
• Die toestand of mate van ligsinnig (laf, verspot en sonder erns) wees.
Gebruik:
• Fokus op julle werk en los die ligsinnigheid.
Sinoniem:
• frivoliteit
• gekheid
• kinderagtigheid
• onbesonnenheid
• onnadenkendheid
• onnoselheid
• onverantwoordelikheid
• onverstandigheid
• oppervlakkigheid
• sotheid
• verspotheid
Vertaling:
Engels: frivolousness
Nederlands: lichtzinnigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|