| narratief [boodskap #149823] |
Ma., 06 Oktober 2025 14:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24065 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
narratief
Afbreking: nar•ra•tief
Byvoeglike naamwoord: narratief
Attributief: narratiewe
Betekenis:
• Soos 'n storie of verhaal, of wat 'n storie of verhaal betref.
Gebruik:
• In teenstelling met 'n kortverhaal, wat narratief (verhalend) van aard is, is 'n nuusberig feitelik en objektief.
Sinoniem:
• verhalend
• vertellend
Verwant:
• narratologie
• narrator (verteller)
Vertaling:
Engels: narrative
Nederlands: narratief
Selfstandige naamwoord: narratief
Meervoud: narratiewe
Betekenis:
• Die gekonstrueerde weergawe van gebeure, werklik of fiktief.
• (politiek) 'n Vervaardigde storie wat aan mense voorgehou word.
Gebruik:
• Die media speel 'n sleutelrol in die vorming van die publieke narratief rondom politieke gebeure.
• Sosiale media word dikwels gebruik om sekere narratiewe te bevorder of te manipuleer.
Sinoniem:
• verhaalkuns
• verhaallyn
Vertaling:
Engels: narrative
Nederlands: narratief
Nota:
• Van die Franse narratif, Latyn narratio, "verhaal, storie".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|