| loënaar [boodskap #149810] |
So., 05 Oktober 2025 12:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loënaar
Afbreking: lo•ë•naar
Samestelling: loën + -aar
Selfstandige naamwoord: loënaar
Meervoud: loënaars
Betekenis:
• Iemand wat die waarheid ontken of weerspreek (o.a. om die bestaan van God te loën).
Gebruik:
• Jesus het weer vir Petrus die loënaar in sy amp herstel.
Sinoniem:
• ontkenner
Hiponiem:
• Godloënaar (ateïs)
Vertaling:
Engels: gainsayer, denier
Nederlands: loochenaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|