| omswerwing [boodskap #149809] |
So., 05 Oktober 2025 10:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omswerwing
Afbreking: om•swer•wing
Samestelling: omswerf + -ing
Selfstandige naamwoord: omswerwing
Meervoud: omswerwinge, omswerwings
Betekenis:
• 'n Lang, uitgebreide reis na verskillende bestemmings.
• (figuurlik) 'n Omweg of afwyking van die regte pad of roete.
Gebruik:
• In die Bybel lees ons van Israel se omswerwing van 40 jaar in die woestyn.
• Ná vele geestelike omswerwinge het hy uiteindelik vrede in homself gevind.
Sinoniem:
• afdwaling
• dwaling
• ronddoling
• rondreising
• swerftog
Vertaling:
Engels: wandering, roaming, meandering
Nederlands: omzwerving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|