| bekeerling [boodskap #149805] |
So., 05 Oktober 2025 08:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bekeerling
Afbreking: be•keer•ling
Samestelling: bekeer + -ling
Selfstandige naamwoord: bekeerling
Meervoud: bekeerlinge
Betekenis:
• Iemand wat homself tot 'n geloof bekeer het.
Gebruik:
• My groete verder ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië. [Romeine 16:5]
• Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is. [Matteus 23:15]
Sinoniem:
• bekeerde
• proseliet
Antoniem:
• wêreldling
Vertaling:
Engels: convert, proselyte
Nederlands: bekeerling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|