Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rimpel
rimpel [boodskap #149795] Sa., 04 Oktober 2025 15:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rimpel
Afbreking: rim•pel


Selfstandige naamwoord: rimpel
Meervoud: rimpels
Verkleinwoord: rimpeltjie
Meervoud van verkleining: rimpeltjies

Betekenis:
• 'n Oppervlakkige vou of golwing (as gevolg van ouderdom, spanning, uitdroging, ens).

Gebruik:
• Die ou oom se gesig is vol rimpels.

Sinoniem:
• frons
• groef
• huidplooi
• kreukel
• plooi
• vou

Hiponiem:
• mondrimpel
• oogrimpel

Afgelei:
• rimpelig
• rimpelloos
• rimpelmasjien
• rimpelmerk
• rimpelpapier
• rimpelplooi
• rimpelrig
• rimpelstof
• rimpelwerend
• rimpelwerk

Vertaling:
Engels: wrinkle, fold
Nederlands: rimpel


Werkwoord: rimpel
Verlede tyd: het gerimpel
Teenwoordige deelwoord: rimpelend, rimpelende
Verlede deelwoord: gerimpelde

Betekenis:
• Om plooie of golwe in 'n oppervlak te vorm.

Gebruik:
• Die wind rimpel die dam se spieëlgladde oppervlak.

Sinoniem:
• opkreukel
• verrimpel

Afgelei:
• ontrimpel
• rimpeling
• verrimpel

Vertaling:
Engels: to wrinkle
Nederlands: rimpelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: galvanies
Volgende onderwerp: stilstaande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 12:51:34 UTC 2025