| sotheid [boodskap #149788] |
Sa., 04 Oktober 2025 07:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24307 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sotheid
Afbreking: sot•heid
Samestelling: sot + -heid
Selfstandige naamwoord: sotheid
Meervoud: sothede
Betekenis:
• Die toestand of mate van gek/dwaas wees. 'n Gebrek aan wysheid.
Gebruik:
• Elke slim mens tree met oorleg op, maar 'n dwaas sprei sy sotheid oop. [Spreuke 13:16]
Sinoniem:
• absurditeit
• domheid
• dwaasheid
• gekheid
• kranksinnigheid
• lawwigheid
• ligsinnigheid
• malligheid
• sotterny
Vertaling:
Engels: madness, foolishness, folly, lunacy
Nederlands: zotheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|