| agterhaal [boodskap #149784] |
Vr., 03 Oktober 2025 18:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterhaal
Afbreking: ag•ter•haal
Samestelling: agter + haal
Werkwoord: agterhaal
Verlede tyd: het agtergehaal
Teenwoordige deelwoord: agterhalend, agterhalende
Verlede deelwoord: agtergehaalde
Betekenis:
• Om in te haal of verby te steek.
• Om iets na die tyd uit te vind of vas te stel.
Gebruik:
• Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde. [Spreuke 5:22]
• Die skrywer se presiese bedoeling kan nie na al die eeue agtergehaal word nie.
Spreekwoord:
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
Sinoniem:
• inhaal
• opvang
• passeer
• verbygaan
• verbysteek
• uitvind
• vasstel
Afgelei:
• agterhaalbaar
• agterhaling
Vertaling:
Engels: to overtake, overreach; to find out, discover, track down
Nederlands: achterhalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|