| revolusie [boodskap #149776] |
Vr., 03 Oktober 2025 06:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
revolusie
Afbreking: re•vo•lu•sie
Selfstandige naamwoord: revolusie
Meervoud: revolusies
Verkleinwoord: revolusietjie
Meervoud van verkleining: revolusietjies
Betekenis:
• Skielike en radikale omwenteling in politieke mag, of figuurlik, 'n omkeer in hoe mens oor iets dink.
• 'n Beweging in die rondte.
Gebruik:
• 'n Revolusie verorber dikwels haar eie kinders.
• Die motor draai teen 'n 2000 revolusies per minuut.
Wisselvorm:
• rewolusie
Sinoniem:
• omwenteling
Hiponiem:
• kontrarevolusie
• nywerheidsrevolusie
• paleisrevolusie
• teenrevolusie
Afgelei:
• revolusiegees
Vertaling:
Engels: revolution
Nederlands: revolutie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|