| wasdom [boodskap #149774] |
Do., 02 Oktober 2025 19:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24100 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wasdom
Afbreking: was•dom
Samestelling: was (groei) + -dom
Selfstandige naamwoord: wasdom
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand van volledige ontwikkeling; fisies of emosioneel volgroeid wees.
Gebruik:
• Honderde vissies word op 'n slag gebore, maar slegs 'n klein aantal sal wasdom bereik.
Sinoniem:
• lewenswysheid
• meerderjarigheid
• mondigheid
• rypheid
• selfstandigheid
• verstandigheid
• volwassenheid
Vertaling:
Engels: maturity
Nederlands: wasdom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|