| windsnelheid [boodskap #149770] |
Do., 02 Oktober 2025 18:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
windsnelheid
Afbreking: wind•snel•heid
Samestelling: wind + snelheid
Selfstandige naamwoord: windsnelheid
Meervoud: windsnelhede
Betekenis:
• Die snelheid waarteen die wind waai.
Gebruik:
• Volgens die anemometer (windmeter) is die windsnelheid 60 kilometer per uur.
Sinoniem:
• windspoed
• windsterkte
Vertaling:
Engels: wind speed
Nederlands: windsnelheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|