| wegtrek [boodskap #149769] |
Do., 02 Oktober 2025 16:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegtrek
Afbreking: weg•trek
Samestelling: weg + trek
Werkwoord: trek weg, wegtrek
Verlede tyd: het weggetrek
Teenwoordige deelwoord: wegtrekkend, wegtrekkende
Verlede deelwoord: weggetrekte
Betekenis:
• Om weg te neem deur te trek.
• Om te begin beweeg, of te begin doen.
• Om na 'n ander plek te trek.
Gebruik:
• Trek die yskas weg sodat ek daar kan skoonmaak.
• Hy spin die motor se wiele toe hy wegtrek.
• Die bure het weggetrek. Die voëls trek in die winter weg en kom in die somer terug.
Sinoniem:
• wegskuif
• vertrek
• verhuis
Vertaling:
Engels: to pull away; to start; to depart
Nederlands: wegtrekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|