| trapesium [boodskap #149763] |
Wo., 01 Oktober 2025 19:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24102 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Paar trapesiums.
trapesium
Afbreking: tra•pe•si•um
Selfstandige naamwoord: trapesium
Meervoud: trapesiums
Betekenis:
• 'n Vierhoek waarvan net een paar teenoorstaande sye parallel/ewewydig is.
• (anatomie) Een van die polsbeentjies.
Gebruik:
• Die trapesium is gelykbenig wanneer dit een paar parallelle sye het, en die nie-parallelle sye ewe lank is.
Sinoniem:
• trapesoïed
Hiperoniem:
• vierhoek
Vertaling:
Engels: trapezium, trapezoid
Nederlands: trapezium, trapezoïde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|