| oorhaal [boodskap #149759] |
Wo., 01 Oktober 2025 17:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorhaal
Afbreking: oor•haal
Samestelling: oor + haal
Werkwoord: haal oor, oorhaal
Verlede tyd: het oorgehaal
Teenwoordige deelwoord: oorhalend, oorhalende
Verlede deelwoord: oorgehaalde
Betekenis:
• Om in gereedheid te bring, soos om die veer van 'n vuurwapen te span.
• (figuurlik) Om iemand te oorreed om iets te doen.
Gebruik:
• Die soldaat haal sy rewolwer oor en skiet 'n skoot in die lug in.
• Sy het hom oorgehaal om die gras te sny.
Sinoniem:
• ompraat
• oorreed
• oortuig
• oorwen
Afgelei:
• oorhaler
• oorhaling
Vertaling:
Engels: to cock; to persuade, convince, talk over
Nederlands: overhalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|