Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwarskoppig
dwarskoppig [boodskap #149757] Wo., 01 Oktober 2025 15:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24305
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwarskoppig
Afbreking: dwars•kop•pig
Samestelling: dwarskop + -ig


Byvoeglike naamwoord: dwarskoppig
Vergrotende trap: dwarskoppiger
Oortreffende trap: dwarskoppigste
Attributief: dwarskoppige

Betekenis:
• Wat (soos 'n dwarskop) eiewys en opstandig is.

Gebruik:
• Die donkie was so dwarskoppig dat geen straf of beloning hom kon oorreed om saam te werk nie.

Sinoniem:
• balsturig
• eiesinnig
• eiewys
• halsstarrig
• hardkoppig
• koppig
• opstandig
• rebels
• steeks

Antoniem:
• inskiklik

Afgelei:
• dwarskoppigheid

Vertaling:
Engels: stubborn, obstinate, cantankerous
Nederlands: dwarskoppig, eigenzinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dogmaties
Volgende onderwerp: dwarskoppigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jan. 14 19:25:27 UTC 2026