| dogmaties [boodskap #149756] |
Wo., 01 Oktober 2025 15:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24070 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dogmaties
Afbreking: dog•ma•ties
Samestelling: dogma + -ties
Byvoeglike naamwoord: dogmaties
Vergrotende trap: dogmatieser
Oortreffende trap: dogmatiesste
Attributief: dogmatiese
Betekenis:
• Wat (soos 'n dogma) as waar aanvaar word en nie betwis kan word nie.
• Wat rigied aan idees vasklou en geen teenargumente duld nie.
Gebruik:
• Stelsels wat eens in 'n behoefte voorsien het, word dikwels so ingegraaf dat dit later dogmaties aanvaar word.
• Sy het 'n dogmatiese siening van die wêreld en weier om ander opinies te oorweeg. Hy was glad nie dogmaties of eng in sy intellektuele benadering nie.
Sinoniem:
• apodikties
• bekrompe
• bevooroordeeld
• eiewys
• gebiedend
• hardkoppig
• hardnekkig
• koppig
• kortsigtig
• leerstellig
• onbuigsaam
• ontoegeeflik
• pedanties
• rigied
• teologies
• verstok
Antoniem:
• ondogmaties
Vertaling:
Engels: dogmatic, doctrinal
Nederlands: dogmatisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|