Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roofmeeu
roofmeeu [boodskap #149711] Sa., 27 September 2025 17:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24146
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
roofmeeu
Afbreking: roof•meeu
Samestelling: roof + meeu


Selfstandige naamwoord: roofmeeu
Meervoud: roofmeeue, roofmeeus

Betekenis:
• 'n Groot, bruin seevoël met skerp, geboë kloue en 'n sterk snawel wat in 'n haak eindig, familie Stercorariidae.

Gebruik:
Roofmeeue word as die "hiënas" van die see beskou en sal dikwels kos van seemeeue en ander seevoëls steel.

Sinoniem:
• skoea
• skua

Hiponiem:
• bruinroofmeeu
• knopstertroofmeeu
• langstertroofmeeu
• Suidpoolroofmeeu

Vertaling:
Engels: skua
Nederlands: jager

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pleegouer
Volgende onderwerp: rooibeet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 19 10:16:12 UTC 2025