Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » langbeenspinnekop
langbeenspinnekop [boodskap #149701] Sa., 27 September 2025 10:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Langbeenspinnekop.
'n Langbeenspinnekop.
langbeenspinnekop
Afbreking: lang•been•spin•ne•kop
Samestelling: lang + been + spinnekop


Selfstandige naamwoord: langbeenspinnekop
Meervoud: langbeenspinnekoppe
Verkleinwoord: langbeenspinnekoppie
Meervoud van verkleining: langbeenspinnekoppies

Betekenis:
• 'n Spinnekop met lang bene en ses oë, familie Pholcidae.

Gebruik:
• Die langbeenspinnekop is onskadelik vir mense en troeteldiere en besit, in teenstelling met wat baie glo, nie sterk gif nie.
• Langbeenspinnekoppe jag insekte in die huis en is nuttig om rond te hê.

Hiponiem:
• wyfielangbeenspinnekop

Vertaling:
Engels: daddy long-legs spider
Nederlands: kelderspin, trilspin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gisting
Volgende onderwerp: roebel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 23 15:21:00 UTC 2026