| glansloos [boodskap #149670] |
Wo., 24 September 2025 19:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24085 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glansloos
Afbreking: glans•loos
Samestelling: glans + -loos
Byvoeglike naamwoord: glansloos
Attributief: glanslose
Betekenis:
• Wat nie 'n glans het nie; dof en sonder skittering.
• (figuurlik) Wat alles behalwe goed is.
Gebruik:
• Die wonderproduk gee nuwe lewe aan dooie, glanslose hare.
• Die boek bied 'n bitter uitbeelding van die mens in sy glanslose bestaan.
Sinoniem:
• dof
Antoniem:
• blink
• glansryk
• gloedvol
Afgelei:
• glansloosheid
Vertaling:
Engels: dull, lacklustre, lustreless
Nederlands: glansloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|