| verontwaardiging [boodskap #149666] |
Wo., 24 September 2025 12:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verontwaardiging
Afbreking: ver•ont•waar•di•ging
Samestelling: verontwaardig + -ing
Selfstandige naamwoord: verontwaardiging
Meervoud: verontwaardigings
Betekenis:
• 'n Gevoel van verbasing en ontevredenheid, gewoonlik oor iets wat as onregverdig of onregmatig ervaar word.
Gebruik:
• Hy kon kwalik sy verontwaardiging oor die hof se uitspraak verberg.
Sinoniem:
• afgryse
• gebelgdheid
• gekrenktheid
• geraaktheid
• gramskap
• misnoeë
• toorn
• toornigheid
Vertaling:
Engels: indignation, dudgeon, outrage
Nederlands: verontwaardiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|