| eksponent [boodskap #149643] |
Ma., 22 September 2025 18:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eksponent
Afbreking: eks•po•nent
Selfstandige naamwoord: eksponent
Meervoud: eksponente
Betekenis:
• (wiskunde) 'n Getal regs bo 'n grondtal wat wys hoeveel keer die grondtal met homself gemaal word.
• Persoon wat 'n bepaalde idee bevorder of 'n beweging verteenwoordig.
Gebruik:
• In die magsverheffing 23 = 2×2×2 = 8 is 2 die grondtal en 3 die eksponent.
• Carl Otto Hager was een van die grootste eksponente van die Neogotiese boustyl in Suid-Afrika.
Sinoniem:
• magsaanwyser
• verteenwoordiger
Afgelei:
• eksponensiasie
• eksponensieel
• eksponentwet
Vertaling:
Engels: exponent
Nederlands: exponent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|