| antikloksgewys [boodskap #149633] |
Ma., 22 September 2025 06:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
antikloksgewys
Afbreking: anti•kloksge•wys
Samestelling: anti- + kloksgewys
Byvoeglike naamwoord: antikloksgewys
Attributief: antikloksgewyse
Betekenis:
• In die teenoorgestelde rigting as waarin die wyser van 'n klok of horlosie draai.
Gebruik:
• Draai die bottel se prop antikloksgewys om dit oop te maak.
Wisselvorm:
• anti-kloksgewys
Sinoniem:
• hotom (verouderd)
• links om
• teenkloksgewys
Antoniem:
• kloksgewys
Vertaling:
Engels: counterclockwise, anticlockwise
Nederlands: tegen de klok in
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|