| versekeringsmaatskappy [boodskap #149583] |
Do., 18 September 2025 13:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versekeringsmaatskappy
Afbreking: ver•se•ke•rings•maat•skap•py
Samestelling: versekering + -s- + maatskappy
Selfstandige naamwoord: versekeringsmaatskappy
Meervoud: versekeringsmaatskappye
Betekenis:
• 'n Maatskappy wat lewens en goedere teen finansiële verlies verseker.
Gebruik:
• Die versekeringsmaatskappy het die kliënt se eis geweier.
Sinoniem:
• versekeraar
Hiponiem:
• korttermynversekeringsmaatskappy
• lewensversekeringsmaatskappy
Vertaling:
Engels: insurance company
Nederlands: verzekeringsmaatschappij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|