| gevoelswaarde [boodskap #149573] |
Do., 18 September 2025 07:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gevoelswaarde
Afbreking: ge•voels•waar•de
Samestelling: gevoel + -s- + waarde
Selfstandige naamwoord: gevoelswaarde
Meervoud: gevoelswaardes
Betekenis:
• Die emosionele of sentimentele betekenis wat aan iets geheg word.
Gebruik:
• Hoewel die woorde "gierig" en "spaarsamig" sinonieme is, is die gevoelswaarde tog nie dieselfde nie.
Sinoniem:
• bybetekenis
• konnotasie
• ondertoon
• sentiment
Vertaling:
Engels: emotional value, connotation, feeling‐tone
Nederlands: gevoelswaarde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|