Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » silikaat
silikaat [boodskap #149554] Di., 16 September 2025 11:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
silikaat
Afbreking: si•li•kaat


Selfstandige naamwoord: silikaat
Meervoud: silikate

Betekenis:
• 'n Sout of ester van kieselsuur, die oksosuur van silikon met chemiese formule H4SiO4 of een van sy polimere.

Gebruik:
• Talle silikate kom in die natuur as minerale voor, maar dit word ook vir chemiese aanwendings vervaardig.

Sinoniem:
• kieselsuursout

Hiponiem:
• aluminiumsilikaat
• bismutsilikaat
• etielsilikaat
• filosilikaat
• inosilikaat
• kalksilikaat
• kopersilikaat
• loodsilikaat
• magnesiumsilikaat
• metasilikaat
• nesosilikaat
• ortosilikaat
• siklosilikaat
• sorosilikaat
• tektosilikaat

Afgelei:
• silikaatgesteente
• silikaatverf

Vertaling:
Engels: silicate
Nederlands: silicaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: metamfetamien
Volgende onderwerp: motoriseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jan. 01 19:29:26 UTC 2026